Dadelpalm

Dadelpalm
Dadels aan 'n dadelpalm
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eensaadlobbiges
Klade: Commelinids
Orde: Arecales
Familie: Arecaceae
Genus: Phoenix
Spesie:
P. dactylifera
Binomiale naam
Phoenix dactylifera
Sinonieme[1]
  • Palma dactylifera (L.) Mill.
  • Phoenix chevalieri D.Rivera, S.Ríos & Obón
  • Phoenix iberica D.Rivera, S.Ríos & Obón
Stamdeursnit van Phoenix dactylifera – soos ander lede van die palmfamilie, toon dadelpalms geen boomringe nie.

Phoenix dactylifera, algemeen bekend as die dadelpalm,[2] is 'n blomplantspesie in die palmfamilie, Arecaceae, wat vir die eetbare, soet vrugte daarvan verbou word. Alhoewel die presiese herkoms van die spesie onseker is weens die verbouing daarvan oor millenia, is dit besmoontlik uit die Vrugbare Halfmaan afkomstig wat strek van Egipte tot Mesopotamië.[3] Die spesie word algemeen verbou regoor Noord-Afrika, die Midde-Ooste en Horing van Afrika, tot in Suid-Asië, en is wêreldwyd in etlike tropiese en subtropiese streke genaturaliseer.[4][5][6] P. dactylifera is die tipe-spesie van die Phoenix-genus, wat tussen 12 en 19 spesies wilde dadelpalms bevat, en is benewens die hoofbron van kommersiële produksie.[3]

Dadelpalms bereik tipies 'n hoogte van sowat 21–23 metres (69–75 ft),[7] en kan 'n een- of meerstammige groeivorm uit 'n enkele wortelstelsel aanneem. Dadelpalmvrugte (dadels) is ovaal-silindries gevorm en kan na gelang van die variëteit helderrooi tot -geel van kleur wees. Massagewys bestaan tussen 61 en 68 persent van die vrug in gedroogde vorm uit suiker, en die vrugte is gevolglik baie soet.[8]

Oor millenia is dit 'n stapelvoedsel in die Midde-Ooste en die Indusvallei, en argeologiese getuienis dui aan dat dadels reeds van die 6de millennium v.C. af in Arabië verbou word. Die jaarlikse wêreldproduksie van dadels beloop 8,5 miljoen metrieke ton, en lande in die Midde-Ooste en Noord-Afrika is die vernaamste produsente.[9]

  1. "The Plant List, Phoenix dactylifera L." Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2019. Besoek op 1 Desember 2020.
  2. Sjabloon:GRIN
  3. 3,0 3,1 Krueger, Robert R. "Date Palm Genetic Resource Conservation, Breeding, Genetics, And Genomics In California" (PDF). The Conference Exchange. Besoek op 26 Maart 2018.
  4. Kew World Checklist of Selected Plant Families, Phoenix dactylifera
  5. Biota of North America Project, Phoenix dactylifera
  6. Flora of China, v 253 p 143, Phoenix dactylifera
  7. Divya Bichu. "Arabian Desert Plants". Buzzle. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Januarie 2015. Besoek op 19 April 2015.
  8. "Dates, deglet noor". FoodData Central. USDA Agricultural Research Service. Besoek op 25 Mei 2020.
  9. "FAOSTAT:Crops". Elements:Production Quantity / Items:Dates. Besoek op 26 Maart 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search